Prenteboek van Vader Frans Claerhout


Zweli maak stories

Geskryf deur Brummer Rawlins en geïllustreer deur Frans Claerhout

LAPA Uitgewers, 2000

ISBN: 0 7993 2724 7

R49.95

 

zweli.jpg (82744 bytes)

Zweli was 'n vindingryke beeswagtertjie wat verseg het om skool toe te gaan. Dit was Zweli en sy maats (onder wie ook die skrywer getel het) se taak om bedags die lammerooie en melkkoeie in die veld op te pas.

Met sy lewendige vertellings het Zweli die lang ure in die veld vir horn en sy maats verkort. Haas elke dag het hy met 'n nuwe storie vorendag gekom, en soms het die skrywer dan sy ouers en kuiergaste om die kaggelvuur daarmee vermaak.

Met dertien sprankelende stories vermaak Zweli sy vriende op sy unieke manier. Elke verhaal word treffend geïllustreer deur die wêreldbekende kunsskilder en sendeling van Tweespruit in die Vrystaat, Frans Claerhout.


Untitled-1.GIF (697 bytes)
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur