PicturePicturePicturePicture

Logo

HOME
CLRU Index

Who we are
What we do
Contact us
News
Conferences
Research
Exhibitions
Bibliographies
Archives
Publications

 Workshops

Werkswinkels in kreatiewe skryfwerk vir jongmense en mense wat betrokke is by jongmense

22-26 Augustus 2006

Upington, Noord Kaap

I. Werkswinkel in kreatiewe skryfwerk vir jongmense

Dinsdag 22 tot Donderdag 24 Augustus 2006

Upington (Hoërskool Upington)

Kursusgangers kies vantevore een genre (prosa, poësie, toneel of joernalistiek) en volg vir drie dae ’n werkswinkel in die betrokke genre by dieselfde kursusleier. Marita de Sterck is verantwoordelik vir prosa, Els Beerten vir toneel, Daniel Billiet doen poësie en Kolet Jansen joernalistiek. Daar sal dus vier groepe wees waarin verskillende genres ter sprake kom.

Die werkswinkel vind in drie sessies plaas: van 14:00 tot 16:00, van 16:15 tot 18:15 en dan is daar van 18:30 tot 19:00 ’n halfuur waartydens kursusgangers op hulle eie skryf en die kursusleiers teenwoordig is om te help en vrae te beantwoord.

Koste: R250.00 (middagete ingesluit)

II. Werkswinkel vir mense wat opleiding wil gee in kreatiewe skryfwerk. Die kursus is gemik op onderwysers, bibliotekarisse, mense wat met jongmense werk … mense wat self skryfkursusse wil aanbied

Vrydag 25 en Saterdag 26 Augustus 2006

Upington (Hoërskool Upington)

Deelnemers aan hierdie kursus maak met alle genres en alle kursusleiers kennis. Deelnemers word in 4 groepe verdeel en ontvang afwisselend opleiding by Kolet Janssen (joernalistiek), Daniel Billiet (poësie), Els Beerten (toneel) en Marita de Sterck (prosa).

Vrydag: van 14:00 tot 16:00, van 16:15 tot 18:15.
Saterdag: van 09:00 tot 11:00 en van 11:30 tot 13:30

Koste: R200 (middagete ingesluit)

Navrae: Thomas van der Walt (vdwaltb@unisa.ac.za) of Felicité Fairer-Wessels (012 4203955; 0845104844 of ffairer-wessels@up.ac.za of Faks: 012 4203349)

Inskrywingsvorm beskikbaar by: Registrasievorm

Of vra aan by Felicité Fairer-Wessels: ffairer-wessels@up.ac.za of Faks: (012) 4203349 of Tel: (012 4203955 of 0845104844

Meer inligting

Previous workshops

 

pyl1.GIF (436 bytes)Back to: Seminars and workshops
pyl1.GIF (436 bytes)Back to: CLRU Home