'n Boek so in kleuters se kraal


Waar is weg?

Mariette Booysen

Illustrasies: Clare Menck

LAPA Uitgewers, 2002

ISBN: 0 7993 3011 6

R44.95

 

Pappa se sleutels, Mamma se bril en Jakkie se teddiebeer is net weg. Jakkie en sy worshond, Snuffels, soek in laaitjies en gaatjies en om hoekies en draaitjies, maar hulle kry niks nie. Kan dit dalk die stoute Wegwouters wees wat die sleutels, die bril en vir Teddie weggedra het na donker hoekies waar niemand soek nie? Vind saam met Jakkie uit wie en wat die Wegwouters is en wat hulle met Teddie gemaak het.

Hierdie debuutwerk van Mariette Booysen is aangewys as wenner van Baba & Kleuter -tydskrif se kinderstoriekompetisie 2001. Die besondere illustrasies wat die teks goed komplimenteer, is deur Clare Menck.


Untitled-1.GIF (697 bytes)
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur