Grieselverhaal oor 'n elektroniese troeteldier


Troetelgedrog

Jaco Jacobs

Lapa Uitgewers, 2001

ISBN: 0 7993 2888 X

R34.95

 

 


Anita wil vreeslik graag 'n troeteldier hê, maar haar ma hou vol dat troeteldiere stink, raserige, pestilensies is wat miljuisende kieme in 'n mens se huis indra en jou allerhande siektes gee. Haar ma het egter geen klagtes teen die elektroniese troeteldier wat Anita teen 'n winskoop raakloop in Mnr. Grinaker se winkel, Alles-en-nog-wat, nie. Wanneer die troeteldier begin aandring op insekgif vir aandete en dreigende e-posse vir haar onderwyseres stuur, besef Anita dat haar troeteldier in werklikheid 'n troetelGEDROG is!

'n Heerlike, grieselrige grilverhaal vir 9-11 jariges.

Troetelgedrog is die eerste boek uit die pen van Jaco Jacobs, 'n 21-jarige student aan UOVS. Die modeme en aantreklike omslagontwerp is die werk van Nico Meyer.



Untitled-1.GIF (697 bytes)
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur