Avonture en geheime in die Namibwoestyn


Die geheim van die toringkamer

Marianna Brandt

Human & Rousseau, 2001

ISBN: 0 7981 4151 4

R39.95

 

toringkamer.jpg (97630 bytes)

Die tweede boek in Human & Rousseau se avontuur-reeks vir jong lesers.

Marianna Brandt se heerlike spanningsverhaal speel in Namibië af teen die eksotiese agtergrond van Swakopmund en omgewing. Bart en Maartin is twee maats wat hard gewerk het op die plaas gedurende vakansies om hierdie één vakansie te kan bekostig - see toe met die luukse Dessert Express. Maar gou kom hulle agter dat iets op die roete nie pluis is nie, veral nie met die stasie op Boskoppies nie, "waar die vrou in die toring hang ..." volgens een van hul medepassasiers. Toe hulle noodgedwonge op Boskoppies moet stop, raak dinge gou warm. Die twee seuns en 'n medereisigertjie besluit om te gaan snuffel. Wat hulle vind, het hulle nie verwag nie ... maar die geheim van die toringkamer is ook nie opgelos nie. Nog lank nie ...

'n Spannende boek vol avonture vir seuns en meisies van 9 tot 12 jaar. Dit lees maklik en is ook geskik vir trae lesers.

Marianna Brandt het al verskeie kinderboeke die lig laat sien. Vir haar boek, Die mieliestronkpop / The mealiecob doll het sy 'n White Raven nominasie ontvang. Sy skryf ook bydraes vir opvoedkundige publikasies.

Lees ook die eerste boek in die reeks, Janie Oosthuysen se Skaduwee van die dood


Untitled-1.GIF (697 bytes)
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur