Seks, aborsie en nog veel erger |
Tippex dit uit Anne-Marie Conradie Human & Rousseau, 2001 ISBN: 0 7981 4140 9 R39.95
|
![]() |
| "Een van die verrotlike invloede wat die
pastorie-image se lagie vernis erg krap, is Jana. Jana is die wilde loot wat te vroeg
begin bot het. Volgens ma is dit net nodig om Spreuke te lees om insig te hê oor die
donker paaie waarop Jana my lei ..." Maar dit is Jana na wie Rensche gaan wanneer sy voor die grootste probleem in haar jong lewe te staan kom. Sy sal moet help - én Elle - die derde lid van hul Party of Three. Dit was tog immers hul al drie wat gejok het oor die naweek in Pretoria. 'n Byderwetse tienerverhaal, maar met 'n ernstige ondertoon van hoe een verkeerde stap en 'n paar onverskillige besluite lewens kan verwoes. Die verhaal gaan oor Rensche, 'n predikant se dogter, wat in matriek swanger raak as gevolg van 'n "date rape". Haar vriendinne probeer help deur n aborsie te reël, maar dinge loop lelik skeef en Rensche sterf. Agter in die boek word die telefoonnommers van die hoofsentra vir hulp vir ongewenste swangerskappe gegee. Oor die skrywer: Anna-Marie Conradie woon in Carletonville, Gauteng. Sy werk met tieners met afwykende sosiale gedrag en skryf uit hulle perspektief. Sy het al voorheen kortverhale in tydskrifte gepubliseer. Tans werk sy aan 'n tienerverhaal oor dwelms en een oor VIGS.
|