'n Nuwe Thomas@ spanningsverhaal |
skerpioen.net Carina Diedericks-Hugo LAPA Uitgewers, 2002 Prys: R39.95 ISBN: 0 7993 3085 X
|
|
|
Thomas, Hannes, Alex en Thabo is terug in nog 'n naelbyt-spanningsverhaal
in die Thomas@-reeks.
Thomas en Hannes kan nie wag om die nuwe rekenaarspeletjie te toets wat Harry van die Cyber Tiger intemet-kafee vir hulle gegee het nie. Wanneer 'n skerpioen en rye en rye syfers skielik in die middel van die speletjie op die rekenaarskerm verskyn, vermoed Thomas-hulle dat daar iets snaaks aan die gang is. Hannes is vas oortuig dat dit 'n massiewe rekenaarvirus is, maar Thomas dink dat Hannes se verbeelding alweer oortyd werk. Die 25-jarige Carina Diedericks-Hugo is 'n voltydse skrywer en vryskut-joemalis en woon in Kaapstad. Die eerste boek in die reeks, moord.net, was baie gewild en is reeds in sy tweede druk.
|