'n Koerantjoggie en 'n moord in 'n ou huis ...


Skaduwee van die dood

Janie Oosthuysen

Human & Rousseau, 2000

ISBN: 0 7981 4101 8

R39.95

 


skaduwee.jpg (67983 bytes)

Die eerste in 'n nuwe reeks avontuurverhale vir seuns en meisies van ouderdom 9 -12 jaar.

Francois en sy twee maats gaan stel ondersoek in by die ou huis aan die rand van die dorp. Die oggend toe Francois daar koerante afgelewer het, het iets horn onrustig gemaak oor die deur wat oopgestaan het. Daar woon 'n ou tannie en dinge lyk nie reg nie. Soos wat die drie seuns nader aan die antwoord kom, so raak dinge vir hulle warm . . . 'n dreigbrief, 'n spookstem oor die telefoon en 'n geskietery op hulle.

Lees ook die volgende titel in die reeks: Die geheim van die toringkamer deur Mariana Brandt.

 


Untitled-1.GIF (697 bytes)
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur