Om verlief te wees kan ook snaaks wees


Liefde laat jou Rice Krispies anders proe

Tania Brink

Pretoria: Lapa Uitgewers

ISBN: 0 7993 3032 9


"Shakespeare was miskien hierdie hengse romantiese skrywer, maar hy was 'n seksis, nes die meeste mans. Hy't seker heeldag op sy agterent gesit en skryf terwyl 'n vrou vir horn kos gemaak, sy klere gewas en sy vuil sokkies agter horn opgetel het."

Agter in die klas proes iemand gedemp. My wange word warm en ek weet ek lyk sweerlik weer soos 'n sonryp tamatie, soos hulle altyd in die tamatiesousadvertensie sê. Maar ek gee nie eens om nie. Ek is nou eenmaal op die oorlogspad.

"Interesting point, Marzanne," sê die onderwyseres versigtig, "but I'd like to know why you think so."

Ek sluk. "Wel ... kyk maar net vir Romeo and Juliet. Dis veronderstel om die mees romantiese storie op aarde te wees, maar die arme, patetiese Juliet sit die heeltyd op die balkon en wag vir Romeo om vir haar te kom liefdesgedigte voordra."

Ek is verstom deur my eie briljante titerere insigte. Dit voel asof die woorde sommer vanself by my mond uitborrel. "Die ou wat in die middel van die nag voor my venster kom gedigte voordra, smyt ek wraggies met 'n emmer koue water. En asof dit nie genoeg is nie, pleeg Juliet selfmoord toe sy dink Romeo is dood. So asof meisies nie sonder mans kan lewe nie."

Marzanne Odendal is 'n uitgeproke tiener wat daarvan droom om 'n beroernde verslaggewer te word, wat sonder die verpligtinge van 'n man en kinders, eendag rondom die wêreld kan reis op soek na opwinding en avontuur. Maar dan ontvang sy 'n anonieme liefdesgedig per e-pos en stadig maar seker begin ons heldin se hart verkrummel ...

Die tieners wat as keurders van hierdie boek opgteree het, was mal oor hierdie "anderste", humoristiese liefdesverhaal en het keer op keer opgemerk hoeveel insig die skrywer in tieners se (liefdes)lewe toon.

Vir tieners van 12-15 jaar.


Untitled-1.GIF (697 bytes)
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur