| Aliens
en engele deur Leon de Villiers Tafelberg, 1996 |
||
|
Pieter is tien en hy’s stout. Hy druk al nege knoppies in die hysbak wanneer hy by Neptunus uitstap, sodat die ruimtetuig by elk van die nege planete moet stilhou.
Die lekkerlees verhaal van ‘n seuntjie wat emosioneel so verwaarloos word dat hy ander mense as aliens sien, bereik ‘n krisis wanneer hy wegloop - na sy straatvriendjie, Toffie. Maar dié is so deur sy pa geslaan dat hy glad nie kan help nie, en Pieter gaan skuil in ‘n kerk. Hier kry Oom Niel hom - die enigste grootmens wat hy vetrou (die een wat wat op Pluto woon, in dieselfde woonstelgebou as hy). En Niel vertel hom van aliens en dat Pieter eintlik ‘n engel is. Dié eerste roman van Leon de Villiers is ‘n juweel. Die loslit taal vloei glad, en kieliesnaakse tonele en verbeeldingsvlugte getuig van ‘n skrywer wat kidners en hulle denkwyses en taal goed ken. Lees dit voor aan kinders bo tien, en hou die boek tot jong tieners dit self kan lees. Madeleine Roux. Resensie gepubliseer in Die Burger, 26 Februarie 1997, p.12 |