Volksverhale van die Reënboognasie


Volksverhale van die Reënboognasie / Volksverhalen van de Regenboognatie
Samesteller: Denise Godwin
ISBN: 0 627 02456 4
Prys: R39.95

Inhoud:
Ndebele: Die Skelm Jakkals
Noord-Sotho: Bobbejaan en Luiperd
Suid-Sotho: Die Slim Haas
Swazi: Chakijane en die Ou Vrou
Tsonga: Kuru-Kuru-Ndende
Tswana: Mnr. Veldmuis is te trots
Venda: Badamuguvha
Xhosa: Dulube die Wonderos
Zulu: Die Hiëna en die Haas
Koisan: 0m die Koranas te mislei
Koikoi: Die Orion-mite: Aldebaran word deur sy vroue vervloek

reenboognasie.jpg (91135 bytes)
Hierdie boek weerspieël die multi-kulturele diversiteit van Suid-Afrika. Dit is 'n versameling van elf tradisionele verhale uit elf inheemse kultuurgroepe. Ter inleiding word die sosiale funksie van sulke verhale verduidelik: buiten om te vermaak, dien hulle as gedrags- en sedelesse, hulle dra gebruike en tradisies oor, beklemtoon die waarde van goeie verstand, dien as waarskuwing onder bepaalde omstandighede en verklaar geheimenisse. Al die verhale spruit uit die orale tradisie en word weergegee in tipiese verteltrant met baie dialoog, ritmiese herhaling en klanknabootsing.

Die boodskappe van die stories is universeel. Met die verteltradisie wat aan die uitsterf is, is die boek 'n bydrae om hierdie verdwynende kultuurskatte te bewaar. Die boek word geïllustreer deur verbeeldingryke sketse van Gert le Grange.

Die boek het parallelle tekste in Afrikaans en Nederlands en is ook in Engels beskikbaar.

 

Untitled-1.GIF (697 bytes)

pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur