Die verhaal van die padda wat so selfsugtig was ...! |
Net één slukkie, Padda! Piet Grobler Human & Rousseau: 2002 ISBN: 0-7981-4262-6 Prys: R49.95 |
| Dit is vandag weer baie warm. Olifant
spuit slurpe vol water oor sy rug en Luiperd week sy tone in die groot
watergat. Dankie tog vir 'n bietjie koeligheid. Almal is gelukkig en
tevrede.
Maar vir Padda is dit net eens té warm. "Nou moet ek iets drink," sê hy, "anders word ek flou." Hy vat 'n slukkie uit sy waterpoel. Dis lekker en koel - so lekker dat hy die hele poel leeg drink. Maar daar hou dit nie op nie. Natuurlik drink die selfsugtige Padda al die water in die poele, stroompies en watergate in die bos, en moet die ander diere 'n plan beraam om dit terug te kry. Uiteindelik is dit nie kwaai Leeu of slinkse Krokodil wie se plan werk nie, maar die glibberige Palingsusters! Lees maar self presies hoe hulle dit regkry. Net één slukkie, Padda! se volgehoue spanningslyn sal jong lesertjies vasgenael hou. Die vlot ritme is perfek vir voorlees. Voeg daarby Piet Grobler se bekende en nou reeds beminde styl van illustrasie en en jy het 'n wenresep van 'n kinderboek! Piet Grobler is een van Suid-Afrika se bekendste illustreerders van kinderboeke en 'n gevestigde kunstenaar. Sy prente pryk in meer as 50 kinderboeke en hy het reeds verskeie nasionale sowel as internasionale toekennings vir sy werk ontvang. Net één slukkie, Padda! is oorspronklik deur die Nederlandse uitgewer, Lemniscaat, uitgegee. |