Grieselrige grilverhaal oor weerwolwe en vreemde juffrouens


Tande

Jaco Jacobs

LAPA Uitgewers, 2002

ISBN: 0 7993 2968 1

 

 

Die nuwe geskiedenisonderwyseres het van die eerste skooldag af haar mes in vir Rikus. Asof dit nie genoeg is nie, moet Rikus en sy vriende ook op hulle hoede wees vir die een of ander dierasie wat in Stilwater se strate rondsluip en hoenders en skape verslind. Toe Rikus-hulle uitvind dat die nuwe juffrou vreeslik belangstel in alle nuusbrokkies wat met die dierasie te doen het, begin hulle wonder of sy dalk meer as net stout kinders vir brêkvis eet ...

Nog 'n heerlike , grilverhaal vir 9-12 jariges uit die pen van Jaco Jacobs, 'n 21-jarige student aan UOVS. Die moderne omslagontwerp is die werk van Nico Meyer.


Untitled-1.GIF (697 bytes)
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur