|
Stalmaats -reeks deur Lize Roux
1: Perdedrome
(ISBN: 0 7993 3627 0)
2: Totsiens, Sugerplum
(ISBN: 0 7993 3628 9
Lapa Uitgewers
2005
|
Perdedrome
Anri mis haar
beste maat en haar ou ryskool. Sy is sommer vies omdat haar pa na 'n ander
dorp verplaas is. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters
by haar nuwe ryskool. Sommer gou word Anri deel van die opwinding by die
Dagbreek-ryskool...
Sal Anri en haar nuwe maats gekies word vir die Stalmaats-span? Watter
planne voer die katterige Vinette in die mou? Wat het gebeur met Thunder,
die omgekrapte merrie waarvoor almal so bang is?
En waaroor is Jacques met die mooi blou oë so geheimsinnig?
|
 |
 |
Totsiens, Sugerplum
Anri se verjaardag is om die draai. Sy en haar twee Stalmaats-vriende, Karen
en Megan, beplan die beste verjaardagpartytjie ooit. Maar dan hoor Anri
verskriklike nuus by Vinette...Gaan Sugarplum aan die ongeskikte Benedictus
Dippenaar verkoop word? Hoekom jok Jacques vir Anri? En gaan hierdie die
aakligste verjaardag van Anri se hele lewe wees?
|

|