Byderwetse jeugverhaal oor tieners op die Kaapse Vlakte |
|
Willem van der Walt |
|
Gareth is die snaaksste ou in Ilhaam se skool, jy kan jou omtrent breek vir al sy grappies en dinge en snaakse byname vir die onderwysers. Toe hy met Ilhaam begin uitgaan, is sy in die wolke. Sy hou nie veel van die wilde partytjies smiddae náá skool as die hele klomp na Damian se huis gaan nie, maar sy glo in Gareth se liefde vir haar. Buitendien is sy nie een om te oordeel nie, sy wat náá al die jare uitgevind het haar pa was nooit vir ’’n jaar oorsee toe sy klein was nie, hy was in die tronk. Gevang saam met ander bendelede vir dwelms smokkel. 'n Skietaanval op haar pa begin dinge op die spits dryf, en Ilhaam leer vir die eerste keer waar die liefde inpas in die stryd tussen lewe en dood.
|