Komplotte met katte


Operasie M.I.A.A.U.

Carina Diedericks-Hugo

Illustrasies deur: Séan Verster

Human & Rousseau Uitgewers

2005

ISBN: 0798144904

 

Felix is ’n gewone elfjarige wat op ’n koue wintersoggend moet opstaan vir skool. Maar dis nie sy pa wat hom wakker maak nie, dis meneer Haasbroek, Felix se suster Madelein, se kat. En meneer Haasbroek praat met hom! Meneer Haasbroek wil hê Felix moet Die Magtige Internasionale Anti-Aapskeloerdersunie (M.I.A.A.U.) help om bullebakke vas te trek. Felix se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie, want binne oomblikke word hy ingetrek in ’n netwerk van agterdog, gemene spel en korrupsie.

En die ander rolspelers? Meneer Rippenaar, pikswart met enorme groen oë, mevrou Bangani, lank en maer en uiters fynbesnaard, meneer Ching en mevrou Cho, belangrik en Siamees, die onbeholpe Jannie – en vele ander.

’n Aksiebelaaie, humoristiese storie met interessante karakters wat jou sal noop om ná dese met ander oë na katte te kyk.

Untitled-1.GIF (697 bytes)

pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur