"Tone-omkrul-lekker stories" van Jaco Jacobs |
|
Jaco Jacobs Illustrasies deur: Jeanine Henning Human & Rousseau 2005 ISBN: 0-7981-4489-0
|
|
|
Wat
maak jy as daar ’n alien in julle swembad land? Jy steek hom weg,
natuurlik! Want die bure gaan klik en dan gaan die weermag hom kom haal en
hom oopsny om te kyk hoe hy werk. En dit kan jy nie toelaat nie, want
hy’s tog so oulik ... En
wat maak jy as jou ouma jou vra om haar te help om ’n vampier in die
graadeentjies se klas te gaan vang? Jy gaan saam, natuurlik! Want dis nie
elke dag dat jy sal sien hoe jou ouma ’n knoffel-bazooka gebruik nie ... Maar
wat maak jy as jy wil uitvind wat in die res van die stories aangaan? Jy
lees die boek, natuurlik! Want jy wil nie uitmis nie ... ’n Versameling tonekrul-lekker stories deur die gewilde jong skrywer, Jaco Jacobs. |