CS Lewis se Narnia-verhale in Afrikaans! |
| Die verhale van Narnia - CS Lewis
Die towenaar se neef Die leeu, die heks en die hangkas |
|
Die perd en sy seun Vertaler: Janie Oosthuysen Prins Kaspian Vertaler: Janie Oosthuysen Kunstenaars van reeks: Pauline Baynes/Julek Heller |
|
| 'n Rapsie meer as 50 jaar gelede het C.S. Lewis die wonderwereld van Narnia geskep - daardie betowerende plek wat die vier kinders Peter, Edmund, Susan en Lucy in die hangkas van die ou professor se huis ontdek het. Vier van die sewe verhale in die reeks verskyn nou gelyktydig in Afrikaans: die eerste twee (Die towenaar se neef, deur André P Brink vertaal en Die leeu, die heks | |
| en die hangkas, deur Helene de
Villiers vertaal) het vir die eerste keer in die laat sestigerjare
verskyn. Die derde en vierde verhale, Die perd en sy seun en Prins
Kaspian is deur die gewilde en bekroonde Janie Oosthuysen vertaal,
en verskyn vanjaar vir die eerste keer in Afrikaans.
Die verhale van Narnia in leesorde soos voorgestel deur C.S. Lewis: |
| Die towenaar se neef:
Digory en Polly ontdek oom Andrew se geheime werkswinkel en beland in 'n
situasie waar hulle 'n belangrike besluit moet maak. Die gevolg is 'n
avontuur bokant hul wildste drome - hulle het die poort na die
betowerende land van Narnia ontdek.
In Die leeu, die heks en die hangkas kom Peter, Edmund, Susan en Lucy toevallig af op die wonderwêreld van Narnia. Maar daar is omniddellike gevaar vir hulle in die vorm van winter en die Wit Heks. Gelukkig is daar Asian, die magtige leeu, wat hulle help om die bose betowering te keer! Die perd en sy seun: Bree, die perd, word ontvoer en hy verlang om na Narnia terug te keer. Sjasta, wat op die punt is om as slaaf verkoop te word, besluit om saam met Bree weg te loop en na die tuiste te soek wat hy nooit gehad het nie. Hul reis is egter vol verrassings, maar ook gevare - soos toe hulle 'n verraderlike komplot oopvlek en dit 'n wedloop teen tyd word. In Prins Kaspian word Peter, Edmund, Susan en Lucy weer ingetrek by die gebeure in Narnia. Hierdie keer help hulle die troonopvolger, Prins Kaspian, om Narnia van die bose koning Miraz te red. Die skrywer: Clive Staples Lewis (of "Jack", soos sy vriende horn genoem het) is op 29 November 1898 in Belfast, Noord-lerland gebore. Feëverhale, mites en legendes het hom van kleintyd af geboei. Hy het die eerste Narnia-verhaal geskryf terwyl hy professor by Cambridge Universiteit was en die ses ander verhale het tussen 1951 en 1956 gevolg. The last battle, die laaste in die reeks, is met die gesogte Carnegie toekenning bekroon. Sy werk het 'n sterk Christelike inslag gehad en afgesien van ander werke, is die Narnia-verhale sekerlik van sy bekendstes. C.S. Lewis is op 22 November 1963 oorlede.
|