Nog 'n muisboek ... die keer van die ou span, Piet Grobler en Philip de Vos |
|
Lida Dijkstra Vertaal uit Nederlands deur Philip de Vos Illustrasies deur Piet Grobler Human & Rousseau 2003 ISBN: 0 7981 43762
|
|
Muisie, my meisie is die klassieke verhaal van ‘n kluisenaar wat eendag ‘n muisie uit die kloue van ‘n uil red en haar as sy kind grootmaak. Maar op ‘n dag voel die kluisenaar dat hy nou oud raak en dat sy dogter sal moet trou, want hy sal nie veel langer vir haar kan sorg nie. So gaan soek hulle by die son en die wind en die berg na die sterkste man vir haar ... ‘n Pragtige prenteboek deur die Nederlandse skrywer Lida Dijkstra en geïllustreer deur Piet Grobler. Die boek is ingesluit in Exclusive Books se "Publisher’s Choice"-katalogus vir Kersfees 2003
|