Marita van der Vyver skryf sprokies - vir kleuters dié keer |
|
Marita van der Vyver Illustrasies deur: Piet Grobler Human & Rousseau 2005 ISBN: 0 7981 4495 5
|
![]() |
|
Dis Mia se verjaardag, maar hoekom is al haar maatjies bang vir haar ma? Is sy ’n heks, of ’n towenaar, of ’n goeie fee, en kan sy met diere praat en in die lug vlieg? Nou hoekom sal Mia se maatjies al die goed van haar ma dink? Wat het Mia vir hulle gesê? Wel, Mia was moeg daarvan om te hoor hoe wonderlik haar maatjies se ma's is - toe bedink sy 'n goeie plan om hulle te troef.
|