Wie sê muise kan nie ruimte toe gaan nie?


Markus Stermuis op die Sojoes 3...2...1!

Marianna Brandt

Illustrasies deur: Tanja Joubert

Human & Rousseau

2003

ISBN: 0-7981 4372X

 

Markus Grysmuis het in Suid-Afrika in 'n reissak geklim en toe hy sy oë uitvee, is hy in 'n vreemde land ... Rusland. Hy kom agter dat hy saam met ruimtevaarders by 'n ruimte-opleidingsbasis noord van Moskou is. En saam met sy twee muismakkers Viktori Kaasetti en Joeri Muisenof maak hy reg om met die Sojoes die ruimte in gelanseer te wor!

Die feitelike inhoud van die verhaal is noukeurig nagevors. 'n Volblad agterin die boek bevat die hoofpunte van die reis na die Internasionale Ruimtestasie tussen 25 April en 5 Mei 2003, toe Mark Shuttleworth, Yri Gidzenko en Roberto Vittori die Sojoes beman het.

Tanja Joubert se illustrasies vul die verhaal uitstekend aan. Markus Stermuis is 'n boek vol humor en avontuur waarop jong lesers dol sal wees!

Marianna Brandt se mees onlangse publikasies is Die geheim van die toringkamer (2001) en Die Stoutsterte ... (2002).

Tamja Joubert is besig om vinnig opgang te maak as kinderboekillustreerder. Haar werk is ook in Die Stoutsterte ... te sien.

Marianna en Tanja woon in Tygerberg.

pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur