Volksverhale vir Madiba

Die Madiba-boek: Nelson Mandela se gunsteling- stories vir kinders

Tafelberg Uitgewers

2002

ISBN: 0-624-04074-7

Prys: Rl50.00


 

"Vir die kinders van Afrika, met liefde van Madiba". So word hierdie pragtige boek ingelui. Stories so oud soos Afrika self, uit die folklore van lande regoor die kontinent sowel as nader aan eie bodem met Xhosa, San, Khoi en Kaap-Maleise stories, is ingesluit.

Die verhale word oorvertel deur onder andere Gcina Mhlophe, Phyllis Savory, Diana Pitcher, Hugh Tracey, I.D. du Plessis, Pieter W. Grobbelaar, George Weideman, Jack Cope en Minnie Postma. Nuwer stemme word deur Marguerite Poland, Alex D'Angelo, Cicely van Straten, Jay Heale en Kasiya Makaka Phiri verteenwoordig.

Die illustrasies wat elke verhaal afrond, is 'n kaleidoskoop van werke van gevestigde sowel as nuwe kunstenaars: Neels Britz, Jonathan Comerford, Jean Fullalove, Lyn Gilbert, Diek Grobler, Piet Grobler, Jo Harvey, Marna Hattingh, Robert Hichens, Natalie Hinrichsen, Tamsin Hinrichsen, Nicolaas Maritz, Padraic O'Meara, Veronique Tadjo, Geoffrey Walton, Teresa Williams en Judy Woodborne.

Die Madiba-boek sal 'n ereplek vind op die boekrak van enige liefhebber van kinderboeke, versamelaar van Afrika-folklore, of die toeris wat iets eg Suid-Afrikaans soek om saam huis toe te neem!

Die voorwoord is deur Nelson Mandela, en deel van die opbrengs van hierdie boek gaan aan die Nelson Mandela-Kinderfonds.

Ook beskikbaar in Engels as Madiba magic.

pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur