Luister
vir Lisa, sê Martie Preller |
|
Martie Preller Illustrasies deur Karin Lilje LAPA Uitgewers 2002 ISBN: 0 7993 2914 2 |
|
|
Lisa-hulle het ’n KRISIS! Haar boetie, Wessel, het homself in die badkamer toegesluit en niemand kan hom uitkry nie - nie eers die brandweer nie! Lisa is seker dat sy kan help, maar almal maak haar die heeltyd stil. Hoe gaan sy die grootmense ooit oortuig om haar ’n kans te gee? ’n Heerlike, humoristiese verhaal uit die pen van een van ons mees geliefde Afrikaanse kinderboekskrywers, Martie Preller - ’n voormalige wenner van beide die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die Alba Bouwerprys vir Kinderlektuur. Die prettige illustrasies wat die teks perfek komplimenteer, is deur Karen Lilje
|