Al die Liewe Heksie stories in een boek


Die Liewe Heksie-omnibus

Verna Vels

Illustrasies: Piet Grobler

Human & Rousseau, 2002

ISBN: 0-7981-4221-9

R69.95

 

Heksie en haar vriende, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter en Blommie Kabouter se stories is al sedert 1961 deel van kinders se grootword. Om nie te praat van Matewis, Griet, die Gifappeltjies, Geel Heks en Koning Rosekrans nie. Hulle is al so bekend soos Heksie self!

Hierdie nuwe Liewe Heksie-omnibus is 'n samestelling van 35 verhale uit drie vorige bundels. Piet Grobler se tekeninge beeld Heksie en haar trawante vol humor uit in bekende stories wat mens uit ou kleintyd onthou: Liewe Heksie en die bikini, Liewe Heksie en die alpeviooltjies en Liewe Heksie gaan maan toe, om 'n paar te noem. En met meer as 300 bladsye vol stories gaan kinders ure lank besig bl en opnuut liefraak vir al Blommeland se karaktertjies!

Vema Vels se stories het 'n paar woord- en chronologie-aanpassings ondergaan, maar is inhoudelik onveranderd gelaat, soos hulle dertig en veertig jaar gelede was. Sy was oor die jare nou betrokke by die Liewe Heksie radio-uitsendings, boeke, grammofoonplate, CD's, marionette, verhoogproduksies en televisiereekse. Sy is steeds aan die SABC verbonde en woon in Johannesburg.


Untitled-1.GIF (697 bytes)

pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur