As die diere jou begin terg ... nuwe kleuterverhaal deur Martie Preller

Ek is Simon

Martie Preller

Illustrasies: Vian Oelofsen

Tafelberg, 2003

ISBN: 0624040011

 

Een van die dinge wat Simon die heel graagste doen, is om saans in die bed te klim met sy geliefde diereboek. Hy ken hulle almal: sterk Olifant, vinnige Duiker, slim Spinnekop, ratse Apie en woeste Vlakvark. Maar op ‘n aand raak die diere skoon laf. Hulle begin terugpraat en sukkel met Simon en wil hom allerhande dinge wysmaak ...

Martie Preller, wyd bekend vir haar verbeeldingryke kinderstories, het hier ‘n verhaal geskep wat jong lesers én hul ouers breed sal laat glimlag wanneer hulle teen die einde saam met Simon lekkerkry. En die bekroonde jong kunstenaar Vian Oelofsen se lewendige illustrasies dra grootliks by tot die pret.

 

 

pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur