Vir kinders wat nie skrik vir drake nie


Die klein seuntjie en die drake

Leon de Villiers

Illustrasies deur: Marriana Booysens

LAPA Uitgewers

2003

ISBN: 0 7993 3121 X

 

Ivan wil sy vriend, Karpat, die heel kleinste drakie in Drakeland gaan red, maar word voorgekeer deur drie ENORME drake wat horn eerder wil verorber as om hom te help! Beslis een van die lekkerste voorleesboeke van die jaar! Vir jong lesertjies van 4-8 jaar.

Die skrywer, Leon de Villiers, is een van die mees bekroonde kinderboekskrywers in Suid-Afrika. Sy boeke het onder andere die Scheepersprys vir jeuglektuur, die MER-prys vir kinderlektuur en die ATKV-kinderboek-toekenning verower. Die klein seuntjie en die drake is De Villiers se derde boek vir kleuters wat by LAPA Uitgewers verskyn.

Die illustrasies is deur Marriana Booyens, 'n kunstenaar van Stellenbosch.

Die storie was een van die wenners in Baba & Kleuter-tydskrif se kinderstoriekompetisie in 2001.

Untitled-1.GIF (697 bytes)

pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur