'n
Lekker rugbystorie |
|
Jaco Jacobs LAPA Uitgewers 2001 ISBN: 0 7993 2938 X
|
|
Werner-hulle LEWE vir rugby en wil bitter graag die liga wen, maar iemand probeer hulle planne in die wiele ry ... Hou die inbrake by die skool en die beskadiging van hulle afrigter se kar dalk verband met die slaappille wat Werner kort voor die semi-finaal ingekry het? En is dit dalk iemand in hulle eie span wat hulle kanse om te wen wil kelder? 'n Spannende sportstorie vir lesers van 10-13 jaar. Duskant die doodlyn is die tweede boek uit die pen van Jaco Jacobs, 'n student aan UOVS. Jacobs se ander twee boeke (in 2001) is Troetelgedrog en Rugbypret. Die modeme en aantreklike omslagontwerp is die werk van Nico Meyer.
|