Keur van Philip de Vos se verse en limericke


Mallemeuleman

Philip de Vos

Illustrasies deur Piet Grobler

Human & Rousseau

2004

ISBN: 0 7981 4412 2

 

Hierdie omvattende keur uit nege versbundels, met nuwe illustraies deur Piet Grobler, bring 20 jaar se mallemeuleverse byeen.

Sedert O, togga! 'n Gogga in 1984 verskyn het, was daar geen keer aan Philip de Vos se verse en limericke nie. Philip het oor die jare ook meermale by skole, leeskringe, kunstefeeste, en alle soorte boekverwante geleenthede opgetree en gehore vermaak met sy unieke manier van sy eie verse en limericke voordra.

Hierdie versamelbundel bevat benewens die "goue oues" ook 40 splinternuwe verse uit Gister se koeksister.

'n Indeks van limericke en eerste reëls van al die verse maak die soektog na jou gunstelingvers verspot maklik.

 

Untitled-1.GIF (697 bytes)

pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur