Toneelstuk van Barrie Hough en Lizz Meiring nou in romanvorm |
Breek! Barrie Hough en Lizz Meiring Tafelberg, 2002 ISBN: 0-6240-3978-1 R49.95
|
|
Breek! is 'n boek oor verborge ma's, en die tema
is: niks is soos dit lyk nie.
Justie is 'n assistant-stilis by 'n dekortydskrif ... en moet dikwels met kosbare items van glas en kristal werk. Haar grootste vrees is om die goed te laat breek - toe sy 'n kind was, het haar dronk ma dikwels goed gebreek, en dan word sy in die pad gesteek en is sy en Justie weer op straat. Gideon en Tom ontmoet Justie in die laundromat, tussen hul vuil bondels klere. Op die oog afverskil hulle hemelsbreed, maar wat die drie studente gemeen het is hul plofbare verhoudings met hul ouers: Tom se stiefma maak asof sy biologiese ma nooit bestaan het nie, Gideon is kwaad en magteloos oor sy ma se skelm verhouding en Justie misken haar alkoholis-ma heeltemal en besoek haar net een keer per jaar in die inrigting waar sy bly. En dan is daar die liefde tussen Tom en Justie, ook breekbaar soos glas, wat moet heel bly tussen die draaie wat die lewe met hulle maak. Breek! het eers sukses behaal as toneelstuk voordat dit in romanvorm beslag gekrv het. Die stuk was 'n klinkende sukses by 2001 se Klein Karoo sowel as Aardklop kunstefeeste. Barrie Hough is een van Afrikaans se voorste jeugboekskrywers. Kinders, ouers en onderwysers kan nie genoeg kry van sy boeke nie, daarom dat meeste van hulle al talle kere herdruk is. Sy eerste boek, My kat word herfs, was in 1985 'n finalis in die Sanlam Jeugverhaalwedstryd en sedertdien het Vlerkdans, Droomwa en Skilpoppe gevolg. 'n Bundel kortverhale en kortkuns, Skimmelstreke, het in 1995 verskyn. Barrie is kunsredakteur by die Sondagkoerant, Rapport, in Johnnesburg. Lizz Meiring is een van Suid Afrika se mees veelsydige aktrises. Haar repertoire sluit kontemporêre drama, komedie, musiekblyspele, pantomime en kabaret in. Haar mees onlangse projekte was as aanbieder van programme op KYKNET en SABC3, die eenvrouvertoning "Elke ander duim 'n dame" en die regie van verskeie RAU Dramaproduksies. Sy het onlangs die draaiboek vir die film-weergawe van Barrie Hough se Skilpoppe voltooi.
|