'n Annerste ABC-boek |
'n Annerste ABC-Boek vir Aspatatte Teks: Maritha Snyman Illustrasies: Karen Lilje Lapa Uitgewers, 2002 ISBN: 0 7993 3054 X
|
|
In hierdie eg Suid-Afrikaanse ABC-boek, word jong
lesers aan die alfabet bekend gestel deur prettige rympies oor inheemse
diere en voëls. Daar is reeds vir 'n geruime tyd nie 'n Afrikaanse ABC-boek
op die mark beskikbaar nie en Afrikaanse rympies is ook so skaars soos
hoendertande.
Die rympies is geskryf deur bekende kinderboekkritikus en -skrywer Maritha Snyman en die humoristiese en kleurvolle illustrasies is die werk van Karen Lilje.
|