Splinternuwe Afrikaanse strokiesprentboek |
Agent Snoet en die Botterdiamant Outeur: Francois Bloemhof Illustrasies: Alistair Ackermann Lapa Uitgewers, 2002 ISBN: 0-7993-3035-3
|
|
Agent Snoet, geheime agent van formaat, en sy Siamese
kat, Felino, ondersoek die verdwying van Madame Lente Langenhoven se
botterdiamant. Soos met al Agent Snoet se sake, is dit uiteindelik Felino
wat die skurk vastrek. Die dief is niemand anders nie as ...
Maar wag, so maklik gaan ons nie die antwoord verklap nie. Lees self hierdie spanningsvolle en humoristiese speurverhaal in strokiesprent-formaat om uit te vind wie nou eintlik die botterdiamant gegaps het. Die boek is geskryf deur bobaas storieverteller Francois Bloemhof en die illustrasies is deur talentvolle nuweling, Alistair Ackermann.
|