Nuwe uitgawe van die Mooiste Afrikaanse Sprokies


Die Mooiste Afrikaanse sprokies

Tafelberg Uitgewers

2003

ISBN: 07981 4264 2

Prys: R135


Die mooiste Afrikaanse sprokies, vir die eerste keer in 1966 uitgegee, met herdrukke in 1984 en 1993, spog nou met 'n splinternuwe baadjie. Hierdie verhale het deur die jare gewild en bemind gebly as deel van die rykdom van Afrikaanse volksvertellings wat, benewens nuutskeppinge, geleen het van die Wes-Europese kultuur, die Oosterse kulture en uit die die res van Afrika. Baie van die Oosterse invloed het uit geledere van die Kaapse Maleiers gekom en die Afrika-invloed van die San- en Koikoi en verskeie swart stamme.

In hierdie bundel vind ons die immer-geliefde Jakkals- en Wolf-stories, Hasie Kalbassie, Brommer en By, Tyl Uilspieël wat dit so geniet om menslike swakhede aan die kaak te stel, en talle ander.

Stories vol sprankel en humor, wat oud en jonk baie plesier sal verskaf - deur baasverteller Pieter W. Grobbelaar, kenner op die gebied van die Afrikaanse volksverhaal. Die uitbundige illustrasies deur Séan Verster dra uitstekend by tot die vemaaklike aspek van die verhale.

Oor die outeur:

Professor Pieter W. Grobbelaar was verbonde aan die Departement Afrikaanse Kultuurgeskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy word beskou as die die belangrikste skrywer van Suid-Afrikaanse volksverhale - wat hy met die grootste sorg en liefde versamel, opgeneem en neergeskryf het - uit 'n magdom van bronne wat nie net in Suid-Afrika nie, maar oral oor die wêreld geraadpleeg is.

Oor die illustreerder

Séan Verster het die opdrag ontvang om al die Ratanga Junction-karaktertjies te skep en te ontwikkel. Hy het vir 3 jaar slegs hierdie monumentale opdrag uitgevoer en in die proses strokiesprente geskep, handelsware ontwerp en ‘n Ratanga-boek geïllustreer wat nog gepubliseer rnoet word. Sedertdien het hy karakters vir webwerwe ontwikkel, televisieadvertensies gemaak, winkelsentrums versier en gehelp met idees vir 'n pretpark in Engeland

pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur