Hierdie een sal jou naels laat kou! |
moord.net Carina Diedericks-Hugo LAPA Uitgewers, 2001 ISBN: 0 7993 2946 0
|
|
|
Dit spook in Thomas-hulle se nuwe huis! Hy hoor geheimsinnige voetstappe voor sy kamerdeur, deure gaan onverklaarbaar oop en toe en sy drukker spoeg die een vreemde boodskap na die ander uit. Met die hulp van sy vriende, Hannes en Alex, en ’n paar soektogte op die Internet, slaag Thomas daarin om die raaisel rondom ’n moord wat ’n eeu vantevore in hulle huis plaasgevind het, op te los. ’n Spanningsverhaal wat jong lesers behoorlik sal laat naels kou! Moord.net is die eerste boek uit die pen van die jong Kaapse skrywer, Carina Diedericks-Hugo. Dit is die eerste boek van 'n nuwe reeks Thomas@ |