Wetenskapsfiksie op sy rillerste beste!



Monsterduiwe

Lien Roux-de Jager

LAPA Uitgewers, 2001

ISBN: 0 7993 2837 5

R39.95

 

monsterduiwe.jpg (88000 bytes)

Die sestienjarige Len bly alleen agter op die ruirntestasie waar hy gebore is, nadat 'n geheimsinnige siekte die res van die geselskap uitgewis het. Daar bly vir Len geen ander keuse oor as om na die Aarde terug te keer nie. Tot sy teleurstelling is die Aarde verlate en is daar geen teken van lewe nie. Of so dink Len ...

Wat volg, is 'n "op-die-punt-van-jou-stoel" avontuur waarin Len en die enkele oorlewendes op Aarde 'n oorlewingstryd moet voer teen monsteragtige kransduiwe en 'n gevaarlike motorfietsbende wat in een van die stede skuil.

Wetenskapfiksie vir tieners in Afrikaans is so skaars soos hoendertande. Wat die verhaal egter nog meer uniek maak, is dat die outeur 'n kombinasie van gruwelelemente en wetenskapfiksie aanwend en op hierdie wyse aanhangers van beide genres tevrede stel. Die verhaal is geskik vir 10- tot 14-jariges en die tieners wat as keurders opgetree het, het gedink dat Monsterduiwe bepaald die goedkeuring van jong lesers sal wegdra.

Monsterduiwe is die vyfde jeugboek uit die pen van Lien Roux-de Jager en 'n opvolgverhaal, Die Doemprofeet, word beplan vir later in 2001. Die omslagontwerp is die werk van Nico Meyer.


Untitled-1.GIF (697 bytes)
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur