Leon de Villiers |
|
Leon de Villiers is op 25 Julie 1960 in Pretoria gebore. Hy ontvang sy skoolopleiding in die stad by Laerskool Saamspan en Hoërskool Hercules. Daarna studeer hy aan die Universiteit van Pretoria waar hy die BA- en n Honneurs BA-graad in Staatsleer en Internasionale Politiek verwerf. Hy verwerf ook die Hoër Onderwysdiploma aan dié universiteit. Hy woon tans in Potchefstroom en hou skool in Carletonville. |
| Leon skryf sedert 1993 en vertel dat hy vir kinders begin skryf het omdat hy
ook eenmaal 'n kind was en die wêreld van kinders redelik goed verstaan. "Ek probeer
veral boeke skryf wat deur verskillende ouderdomsgroepe gelees kan word. Buitendien dink
ek dat daar sekere vryhede in kinder/jeugboeke moontlik is wat nie altyd in volwasseboeke
bereik kan word nie.n Skrywer kan soms geweldige diep dinge op 'n speelse
manier in 'n kinderboek sê".
By beskou sy gunstelingtema as "menswees te midde van ander mense - en die rede is seker maar bloot omdat ek 'n mens te midde van ander mense is". |
![]() |
| Omdat Afrikaanse kinderboekskrywers nie kan geld maak met hul skryfwerk nie en dit dus as n stokperdjie doen, word hulle ook so behandel. Hulle word, volgens hom, nie ernstig opneem nie. |
![]() |
Op die vraag hoe hy op die idees vir sy boeke kom, antwoord hy: "Ek gooi 'n klomp kompos in my onderbewussyn af en krap dan later daarin rond om te sien of iets in die donker groei". Leon is filosofies nogal baie aangetrokke tot die idees van Carl Sagan, die gestorwe kosmoloog en wetenskaplike. Hy sien die baie klein mark, 'n gebrekkige leeskultuur, 'n beperkte hoeveelheid resensente, 'n oordrewe drang om binne die bestaande grense te bly (veral ook rondom bemarking) as die grootste probleme |
| waarmee die Afrikaanse kinder- en
jeugboekskrywer vandag te kampe het. Leon sou ook graag vir volwassenes wil skryf en het al
n paar kortverhale gepubliseer. Sy stokperdjies is lees, stap, beeldhouwerk en
skilder. Hy behoort saam met 'n groep vriende aan 'n lees/gespreksgroep. Hy is verder
betrokke by die aanbied van kreatiewe skryfklasse in Potchefstroom by n Winterskool
vir begaafde kinders. Hy het die volgende toekennings vir sy skryfwerk verwerf: |
![]() |
|
Sanlambeginnersprys; MER-prys en die Scheepersprys vir Jeuglektuur - almal vir Die Pro en die Alba Bouwerprys vir Droomoog Diepgrawer. Publikasies van Leon de Villiers: 1996: Aliens en engele
(Kaapstad: Tafelberg) |
Terug na Skrywers en illustreerders
Terug na Afrikaanse Kinderliteratuur