Nuwe kleuterbybel deur Louise Smit en Alida Bothma |
| Die Bybel vir kleuters
Louise Smit Illustrasies: Alida Bothma Kaapstad: Human & Rousseau Uitgewers Prys: R125.00 ISBN: 0 7981 4209 X |
| 'n Besonderse bundel Bybelstories vir
voorlees en selflees, oorvertel en geskryf deur Louise Smit, bekroonde
teksskrywer en vervaardiger van televisie se mees gewilde kinderprogramme:
Wiellie Walie, Liewe Heksie, Haas Das se Nuuskas, Kideo, Mina Moe en
Pumpkin Patch.
Die pragtige hardebanduitgawe is ryklik geïllustreer deur een van Suid-Afrika se bekendste illustreerders, Alida Bothma. Oor die outeur: Louise Smit woon in Pringlebaai. Sy het bekendheid verwerf deur haar baie suksesvolle kinderprogramme vir radio en TV. Sy het verskeie plaaslike en buitelandse toekennings vir haar werk verower, o.a. drie Artestoekennings, drie Star Tonight-toekennings, die Prix Jeunesse en die Tokioprys. |