Eerste kleuterboek deur MER- en Scheeperspryswenner


Elsie soek 'n strooihoed

Leon de Villiers

LAPA Uitgewers, 2001

ISBN: 0 7993 2835 9

R39.95

 

elsie.jpg (89342 bytes)

Elsie die koei besluit dat 'n strooihoed net die ding is wat sy nodig het om die mooiste koei in die kontrei te wees. Sy loop die dorp plat op soek na 'n strooihoed, maar beland telkens in die verkeerde winkel. Van die rekenaarwinkel wat net muise en modems verkoop, tot die slaghuis waar sy tot haar grootste onsteltenis boude en blaaie sien hang!

Die boek is geskik vir voorlees en selflees.

Leon de Villiers is 'n bekende jeugboekskrywer wat beide die Scheepersprys vir Jeuglektuur en die MER-prys vir sy jeugboek, Die pro, verower het. Elsie soek 'n strooihoed is sy eerste boek vir kleuters.

Die kleurvolle en vrolike illustrasies is die werk van Nico Meyer.

Die boek is ook beskikbaar in Suid-Sotho, Xhosa en Zoeloe.

Untitled-1.GIF (697 bytes)
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur