Die mooiste prenteboek van die jaar? |
Dokter Me Di Syn en die keiser se seun Teks deur Roberto Piumini en illustrasies deur Piet Grobler Human & Rousseau, 2001 ISBN: 0 7981 4141 7 R44.95
|
![]() |
Dis nog vroeg in die jaar, maar 'n mens wonder of daar vanjaar 'n mooier prenteboek in Suid-Afrika gepubliseer gaan word as Dokter Me Di Syn en die keiser se seun! Die keiser ontbied die beste dokter in die land na die paleis om sy seun
gesond te maak. Maar die slimme Dokter Me Di Syn sien dadelik dat prins Hi Po Kon Dri nie
regtig siek is nie: sy bleek gelaat het net bietjie son en die pragtige natuurskoon buite
die paleis, waar die prins nog nooit was nie, nodig! Dokter Me Di Syn moet dus 'n plan
beraam om die prins na buite te lok, en hy doen dit met 'n speletjie wat die prinsie so
nuuskierig maak oor wat buite wag dat hy later nie meer sy nuuskierigheid kan beteuel nie. |