Pragtige boek vir nuuskierige kleuters (en hulle oupas)


Wat doen jy Daniël?

Leon de Villiers

Illustrasies: Annelie van der Vyver

LAPA Uitgewers, 2001

ISBN: 0 7993 2915 0

R44.95

 

Daniel en sy oupa besluit om te kyk hoe hulle bekende omgewing vanuit 'n ander perspektief lyk. Hulle ie op hulle rûe in die badkamer, gang, slaapkamer en studeerkamer. Buite gaan kyk hulle na die wolke, die voëls en die lug se kleure as die son ondergaan.

Die skrywer, Leon de Villiers, is 'n veel bekroonde kinderboekskrywer. Die Scheepersprys vir jeuglektuur asook die Sanlamprys vir jeuglektuur is aan horn toegeken. Wat doen jy Daniel? is De Villiers se tweede boek vir kleuters en volg op die suksesvolle, Elsie soek 'n strooihoed, wat ook by LAPA Uitgewers verskyn het.

Kleuters sal daarvan hou om die talle bekende alledaagse voorwerpe uit te wys in die uitstekende, byna foto-realistiese illustrasies van Annelie van der Vyver.

Untitled-1.GIF (697 bytes)
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur