Voorleesstorie vir klein, klein kleuters


Baba luister

Teks:
Maretha Maartens

Illustrasies:
Alzette Prins

LAPA Uitgewers, 2002

ISBN: 0 7993 3057 4

 

Wenner van die Baba en Kleuter/Lapa Kompetisie

'n Pragtige voorleesstorie vir selfs die heel kleinste kleuters.

Die baba se mamma en sussie probeer kliphard om hom aan die slaap te kry, maar daar is heeltemal te veel lekker goed om na te luister en te kyk. Die helikopter klop-klop deur die lug, die kat brom prr-prr in sy keel en die wasmasjien sing gloeps-gloeps-gloeps

Die skrywer, Maretha Maartens, is reeds verskeie kere, nasionaal en internasionaal, vir haar werk vir kinders bekroon. Die pragtige, realistiese illustrasies is deur Alzette Prins. 


Untitled-1.GIF (697 bytes)
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur