Nuwe kleuterboek deur Martie Preller


Babalela

Geskryf deur Martie Preller en geïllustreer deur Andries en Erica Maritz

LAPA Uitgewers, 2000

ISBN: 0 7993 2801 4

R39.95

 

babalela.jpg (103724 bytes)

Babalela is die Sesothowoord vir kleintjie, en dis dan ook waar die Babalela sy naam vandaan kry. Die Babalela is 'n diertjie soos wat geen mens ooit tevore gesien het nie, en hy woon in die bos. Dan kom 'n man eendag verby, en kom op die ongewone diertjie af. Getrou aan die mens se aard, vang hy die Babalela en neem hom saam sodat die eienaardige verskynseltjie ondersoek kan word. Die verhaal vertel van die Babalela se avontuur en die gelukkige afloop daarvan.

Martie Preller, is een van Suid-Afrika se voorste skrywers vir kleuters, kinders en jongmense. Die illustreerders, Andries en Erica Maritz, is twee talentvolle Suid-Afrikaners wat tans vir Disney in Australie werk. Hulle werk is kleurvol en vol beweging, humor en emosie. Hulle illustrasies laat werklik reg aan die verhaal geskied.

Die verhaal is gemik op kleuters en jong kinders van ongeveer drie- tot sewe jaar.


Untitled-1.GIF (697 bytes)
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Nuwe boeke
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na: Afrikaanse kinderliteratuur