Scheepersprys vir Jeugliteratuur


Agtergrond

Die Scheepersprys vir Jeugliteratuur word toegeken deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en is moontlik gemaak deur 'n skenking van wyle mnr. en mev. Fred L. Scheepers van Alexandria, Ventersdorp en Potchefstroom. 'n Bedrag geld is in 1956 aan die Akademie toevertrou om die rente daarop te gebruik vir die bevordering van hoogstaande Afrikaanse jeugliteratuur vir die rypere jeug. Ná die dood van die egpaar het hul kinders, mev. Seba Cuyler en mnr. J.A. Scheepers, 'n verdere bedrag aan die Scheepersprysfonds geskenk. Die skenkingsakte bepaal onder meer: "Hierdie werk moet van goeie letterkundige en/of opvoedkundige gehalte getuig; die werk moet staan in die teken van egte Afrikanerkaraktereienskappe en nasietrots, hoewel dit nie 'n bindende vereiste is nie."

In die beginjare (tot in 1960) is boeke in aanmerking geneem wat gepubliseer is sedert die Tweede Afrikaanse Taalbeweging, met ander woorde, sedert die begin van die eeu. Daarna is die boeke wat in die betrokke jaar gepubliseer is, in oorweging geneem. Tot in 1974 is die prys jaarliks toegeken en sedertdien elke drie jaar.

Meer inligting omtrent die ontstaan van die prys en die skenker:

Kruger, J.A. 1991. Kinderkeur: ‘n gids tot bekroonde Suid-Afrikaanse kleuter-, kinder- en jeugboeke tot 1989. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika.

Toekennings

1956 P.J. Schoeman: Drie jong jagters (Kaapstad: Nasionale Pers,
         1935), Fanie se veldskooldae (Johannesburg:  Voortrekkerpers,
         1948), Fanie word grootwildjagter (Johannesburg: Voortrekkerpers,
         1950) en "Uitspring, kęrels!" (Kaapstad: Nasionale Boekhandel,
         1951)

1957 Mikro: Die Ruiter in die nag (Bloemfontein: Nasionale Pers, 1936),
          Kaptein Gereke
(Bloemfontein: Nasionale Pers, 1937), Boerseun
         
(Bloemfontein: Nasionale Pers, 1943), Lente (Kaapstad: Nasionale
          Boekhandel, 1953), Die jongste ruiter (Kaapstad: Nasionale
          Boekhandel, 1954) , Die kleingeldkommando (Pretoria: Van
          Schaik, 1956).

1958 W.A. de Klerk: Die skarlaken eskadril (Kaapstad: Nasionale
          Boekhandel, 1942). Die vallei van die rooi gode
(Kaapstad:
          Nasionale Pers, 1945), Die gésel van Namaland (Johannesburg:
          Afrikaanse Pers Boekhandel)
, Agtien man en 'n meisiekind
          (Kaapstad: Nasionale Boekhandel, 1956)
en Poens
         
(Johannesburg: Afrikaanse Pers Boekhandel, 1957).

1959 Alba Bouwer: Stories van Rivierplaas (Kaapstad: Nasionale
          Boekhandel, 1955) en Nuwe stories van Rivierplaas (Kaapstad:
          Nasionale Boekhandel, 1956).
          Huldigingswoord

1960 Sita: Al haar jeugboeke.

1961 M.E.R.: Die tweeling trek saam (Kaapstad: Tafelberg, 1960).

1962 I.D. du Plessis: Al sy jeugboeke.

1963 P.H. Nortjé: Pennie se vuur (Kaapstad: Tafelberg, 1959 en Die
         groen ghoen
(Kaapstad: Tafelberg, 1960.

1964 G.J. Joubert: Oupa Landman se viool (Kaapstad: Nasionale Pers,
          1951.

1965 Alba Bouwer: Katrientjie van Keerweder (Kaapstad: Tafelberg,
          1961), Stories van Ruyswyck (Kaapstad: Nasionale Boekhandel,
          1963) en Stories van Bergplaas (Kaapstad: Tafelberg, 1963).
           Huldigingswoord

1966 H.J. Vermaas: Al sy jeugboeke.

1967 P.J. Schoeman: Al sy jeugboeke sedert 1957 en veral Kampvure
          wat nie uitbrand nie
(Johannesburg: Voortrekkerpers, 1966)

1968 Anna M. Louw: Die voortreflike familie Smit (Kaapstad: Tafelberg,
         1962).

1969 Ben Venter: Waterbobbejaan (Johannesburg: Voortrekkerpers,
         1968).

1970 Karl Kielblock: Rebel (Kaapstad: Nasionale Boekhandel, 1969).
          Huldigingswoord

1971 Rykie van Reenen: Heldin uit die vreemde: die verhaal van Emily
          Hobhouse
(Kaapstad: Tafelberg, 1970).

1972 Anna Rothmann: Klaasneus-hulle (Kaapstad: Tafelberg, 1964).

1973 Geen toekenning nie.

1974 Freda Linde: Die singende gras (Kaapstad: Tafelberg, 1973).

1977 Jan Rabie: Die seeboek van die sonderkossers (Kaapstad:
          Tafelberg, 1975).

1980 Rona Rupert: Wegloopwinter (Kaapstad: Tafelberg, 1978) en
          Woorde is soos wors (Kaapstad: Tafelberg, 1979).

1983 Freda Linde: 'n Tuiste vir Bitis (Kaapstad: Tafelberg, 1980).

1986 Dolf van Niekerk: Die haasvanger (Kaapstad: Tafelberg, 1985).
          Huldigingswoord

1989 Chris Barnard: Voetpad na Vergelegen (Kaapstad: Tafelberg,
          1987).
           Huldigingswoord

1992 Eleanor Baker: Daar is spore op die maan (Pretoria: HAUM-
          Literęr, 1991).

1995 George Weideman: Die optog van die aftjoppers (Kaapstad:
          Tafelberg, 1994).

1998 Leon de Villiers: Die Pro (Kaapstad: Tafelberg, 1997)

2001 Jan Vermeulen: Geraamtes dra nie klere nie (Kaapstad: Tafelberg,
          2001)
          Huldigingswoord

2004 Willem van der Walt: Ragtime en Rocks. (Kaapstad: Tafelberg,
         2003)

 


pyl1.GIF (436 bytes)Terug na Pryse en Toekennings
pyl1.GIF (436 bytes)Terug na Afrikaanse Kinderliteratuur